Tuesday 7 January 2014

Ons loop van die "Lincoln Memorial" na die Capitol.

"Lincoln Memorial" tot by die Capitol


Ons kon nie wag om Washington DC te gaan verken nie, so op "Thanksgiving" loop ons toe in die rigting van die "National Mall" - dit is n nasionale park, n wonderlike groot oop ruimte in die middel van die Amerikaanse hoofstad.  

Ons loop verby lang tafels waar mense besig is om kos op te skep vir die haweloses.  Eerste kom ons by die "White House" eet.  Hierdie gebou lyk op die foto ook imponerend, maar vir die oog is dit 'n groot plaashuis wat afgewit is.


Ons het ook saam met die ander mense teen die heining saam gedrom.  Daar is nogal 'n groot polisieteenwoordigheid.  Toe niemand die rooi rugsak teen die heining wou eien nie is ons almal oor die pad (lekker breed) na die park beveel.  Nog polisievoertuie het binne sekondes opgedaag en toe hardloop 'n knaap nader om sy sak te gryp.  

Nie ver van daar nie het ons by die "National Mall" uitgekom.  As ek nou reg onthou is die land daar herwin van die Potomac rivier af.  Ons is Suid-Afrikaners en het ons gaan staap en vergaap aan hierdie ongelooflike rivier.
En ja, dit was nogal 'n koue dag.  

In die park het klein waterpoeletjies oornag gevries en is dan in stukkies "glas" gebreek soos mense daaroor loop.
Gevriesde modder is seker beter as die gewone nat variasie.

En daar is hy - die Abraham Lincoln "Memorial".  Hulle moes die standbeeld van Lincoln vergroot om dit nie te laat verdwerg in hierdie monument nie.  

Van hier af was ons oë op die Capitol gerig - dis 3 km weg.  Daar is ook ander monumente om na te kyk.  Ons is verby die "Washington Monument" wat toegemaak was om te restoreer of the verf of iets.
  
Dis regtig opwindend om al hierdie baie bekende ikone so van naby te bekyk.  Agterna besef 'n mens dat omtrent elke Amerikaanse film hierdie ikone gebruik en dat hulle oor en oor gebruik word.









Oppad het ons die "Smithsonian Institution Building" (1855) van nader gaan beskou.  Ons bene was moeg, wel myne was, en hierdie is so 'n pragtige gebou.  Dit word ook die kasteel genoem en is die hoofgebou vir 19 museums en gallerye en n navorsingsentrum.  



Daarna het ons die Thomas Jefferson "Memorial" gaan bekyk.  Die ysige wind het ons vinnig in die museum ingekry (dit is maar wat mens doen in die koue - loop n ent en gaan soek dan iewers warms).  Amerikaanse geskiedenis is vir ons nog redelik vreemd.  Thomas Jefferson het ons baie beïndruk.  Hier is iemand wat sy eie biblioteek vir die Amerikaanse regering aangebied het toe die nasionale biblioteek afgebrand het.  Daar word gesê agterna was die biblioteek meer gevarieerd en interessanter as voor die brand.   



Daar is hy - die Capitol, regeringsetel van Amerika.  Daar aangekom moes ons omloop na die "Visitors' Center" toe. Dit maak seker sin dat daar toe nou weereens 'n klomp militêre personeel op diens is en dat knipmesse nie toelaatbaar is nie, ook nie water nie.  Pieter het toe maar sy knipmes by die groen plastiek wat n boompie buite beskerm laat inglip.  Sjoe, n mens kom darem nie al die pad van Afrika af en stap nie die Capitol binne nie.

Binne is eers verwarrend, maar 'n vriendelike assistent het my gesê hy is ook van Afrika en ons moet nou net in die ry daar oorkant inval.  Die besoekers word in groepe ingedeel.  Daar is 'n groot ouditorium en daar wys hulle mens iets van die Amerikaanse geskiedenis.  Op hierdie stadium het jy reeds 'n ontvangstoestel om jou nek en 'n gids wat dat net met hierdie groep praat sonder dat ander groepe gesteur word.

Die vroutjie in die rooi was ons gids.
In hierdie saal is daar twee beelde vir elke staat.  Die beelde mag slegs van marmer en brons wees.  Kyk hoe oulik lyk Neil Armstrong.

Ons is ook in die saal ingeneem waar die senatore eers vergader het.  Dis lankal te klein.  Daarna het sy vir ons die "crypt" gewys.  


Die strate van Washington het hierdie kol as sy middelpunt.  Ek het daar gaan staan maar daardie foto draai my die heel tyd vertikaal, so duidelik is die kaal kol wat almal eintlik moet sien.

Vandaar is ons na die "Library of Congress"toe, dieselfde een wat Thomas Jefferson se versameling as grondslag het. 'n Mens loop met n lang gang van die Capitol af daarheen. 


Hierdie trap is in die voorportaal.  Die beeld op die punt is maar net n lamppaal.  Hierdie was een van die heel eerste geboue met elektrisiteit - 'n lig verdien aandag.

'n Mens kan van 'n balkon af deur glas na n biblioteekruimte staar.  Jy moet eers aansluit om daar te mag ingaan.  Jy kan ook nie boeke gaan afhaal nie, jy gee jou lys vir die bibliotekaris en hulle bring vir jou die boeke.  Jy kan die boeke ook net daar benut.


Daar is uitstallings in die hoofgebou (die biblioteek word nou in verskeie geboue gehuisves, want die versameling is nou onmenslik groot).  Een van hierdie uitstallings is van 'n Mainz bybel en van 'n Gutenberg bybel.  Die Mainz bybel is nog met die hand geskryf en die Gutenberg bybel is een van die heel eerste gedruktes.  Hulle lyk so dieselfde mens moet baie naby kyk om te sien die een het strepies om die skriba te help.  Die bybels word agter glas gehou en word swak verlig om hulle te beskerm.

Kan julle glo ons is nog dieselfde dag by die "Holocaust" museum in?  Daar mag mens nie foto's neem nie.  

Wraggies spreek my man toe nou sy ernstige kommer oor my gesondheid uit.  Ons het vandaar af terug hotel toe geloop.  Ek dink ek het goed gedoen.  

Monday 6 January 2014

Die "National Air and Space Museum" , Washington DC

Vanaf Baltimore na Washington, DC


Ons is vroeg die oggend met n MARC trein na Washington se Union Station en vandaar na ons hotel, die Washington Plaza, met 'n Super Shuttle taxibussie.


Die uitsig uit die hotel op die Thomas Circle


Hier is ons baie vriendelik ontvang al was dit nog baie vroeg in die oggend.  Ons het toe sommer daar ook weggeval aan n heerlike buffetontbyt.  

Nie lank na ons aankoms nie, het +Chris Len de Wet en sy metgesel +Artemisa Rodrigues ook daar opgedaag.  Dit was maar n koue oggend met reën, so ons is met die "subway" na die "National Air and Museum" toe. 

Hier wag ek en Artemisa.












En hier is die rede vir ons groot opgewondenheid.  Daar is plekke wat 'n mens nie in jou wildste drome dink jy ooit gaan by uitkom nie - hierdie is so 'n plek.










Binne in het ons eers self met groot oë rondgekyk.  Natuurlik was die ruimtevaartafdeling sommer vanself eerste op die lys.  
Met Chris en Artemisa by kan ons saam afgeneem word.
Op die foto is ons agtergrond net 'n plakkaat, maar die landingstuig wat vir die maanlanding gebruik lyk veel meer onwerklik.  Die tuig is n een van die twee wat oorspronklik gemaak is, een word gebruik en die ander een word gehou vir ingeval, so dis regtig soos die ware Jakob gelyk het voor gebruik.


Daardie ou dun "beentjies" rofweg in foelie toegedraai laat n mens besef hierdie was n yslike waagstuk.










By die museum word begeleide toere aangebied, waarvoor mens nie ekstra hoef te betaal nie.  Ons het n wonderlike gids gehad.  Sy was werklik inspirerend en het tot vir Pieter met haar kennis oor vliegtuie beïndruk. 


Sy het so speels gevra waar ons wil begin, maar toe sommer self besluit om ons die begin lugvaart (avionika) te illustreer. 
Ons begin by Da Vinci se "ornithopter" (15de eeu) wat nooit gewerk het nie, maar wat wys hoe ons nog altyd gedroom het om te kan vlieg.  Ons stap by die saal in en daar is die gerestoreerde "Wright Flyer" - die regte egte oorspronklike!

Hier het die loods nog gelê.
Met die eerste vlug het hulle maar 37 meter kon aflê.  Is dit darem die vlerkspan van 'n Airbus? Orville en Wilbur het egter nie opgegee nie.  

Vergelyk nou daardie vliegtuig met die van Charles Lindbergh wat eerste die oseaan in n solovlug oorkruis het (van Long Island, New York na Parys) so net meer as twintig jaar later (1927).



Spirit of St Louis
Hierin het Lindbergh regop gesit en daar is net een stel vlerke!  Dit lyk na metaal maar is van geverfde hout.

Vandag stuur ons sommer onbemande verkenningstuie die lug in.




Van die sensors en kameras word in Suid-Afrika ontwikkel (my broer +Peet Swart het 'n groot aandeel hieraan).  

Na die toer is ons na die groot MacDonalds in die gebou om net weer energie op te bou.   

 Chris se groot pizza is toe verspot klein. 


So lyk 'n baie gelukkige Pieter.