Monday 6 January 2014

Die "National Air and Space Museum" , Washington DC

Vanaf Baltimore na Washington, DC


Ons is vroeg die oggend met n MARC trein na Washington se Union Station en vandaar na ons hotel, die Washington Plaza, met 'n Super Shuttle taxibussie.


Die uitsig uit die hotel op die Thomas Circle


Hier is ons baie vriendelik ontvang al was dit nog baie vroeg in die oggend.  Ons het toe sommer daar ook weggeval aan n heerlike buffetontbyt.  

Nie lank na ons aankoms nie, het +Chris Len de Wet en sy metgesel +Artemisa Rodrigues ook daar opgedaag.  Dit was maar n koue oggend met reën, so ons is met die "subway" na die "National Air and Museum" toe. 

Hier wag ek en Artemisa.












En hier is die rede vir ons groot opgewondenheid.  Daar is plekke wat 'n mens nie in jou wildste drome dink jy ooit gaan by uitkom nie - hierdie is so 'n plek.










Binne in het ons eers self met groot oë rondgekyk.  Natuurlik was die ruimtevaartafdeling sommer vanself eerste op die lys.  
Met Chris en Artemisa by kan ons saam afgeneem word.
Op die foto is ons agtergrond net 'n plakkaat, maar die landingstuig wat vir die maanlanding gebruik lyk veel meer onwerklik.  Die tuig is n een van die twee wat oorspronklik gemaak is, een word gebruik en die ander een word gehou vir ingeval, so dis regtig soos die ware Jakob gelyk het voor gebruik.


Daardie ou dun "beentjies" rofweg in foelie toegedraai laat n mens besef hierdie was n yslike waagstuk.










By die museum word begeleide toere aangebied, waarvoor mens nie ekstra hoef te betaal nie.  Ons het n wonderlike gids gehad.  Sy was werklik inspirerend en het tot vir Pieter met haar kennis oor vliegtuie beïndruk. 


Sy het so speels gevra waar ons wil begin, maar toe sommer self besluit om ons die begin lugvaart (avionika) te illustreer. 
Ons begin by Da Vinci se "ornithopter" (15de eeu) wat nooit gewerk het nie, maar wat wys hoe ons nog altyd gedroom het om te kan vlieg.  Ons stap by die saal in en daar is die gerestoreerde "Wright Flyer" - die regte egte oorspronklike!

Hier het die loods nog gelê.
Met die eerste vlug het hulle maar 37 meter kon aflê.  Is dit darem die vlerkspan van 'n Airbus? Orville en Wilbur het egter nie opgegee nie.  

Vergelyk nou daardie vliegtuig met die van Charles Lindbergh wat eerste die oseaan in n solovlug oorkruis het (van Long Island, New York na Parys) so net meer as twintig jaar later (1927).



Spirit of St Louis
Hierin het Lindbergh regop gesit en daar is net een stel vlerke!  Dit lyk na metaal maar is van geverfde hout.

Vandag stuur ons sommer onbemande verkenningstuie die lug in.




Van die sensors en kameras word in Suid-Afrika ontwikkel (my broer +Peet Swart het 'n groot aandeel hieraan).  

Na die toer is ons na die groot MacDonalds in die gebou om net weer energie op te bou.   

 Chris se groot pizza is toe verspot klein. 


So lyk 'n baie gelukkige Pieter.

No comments:

Post a Comment