BALTIMORE INNER HARBOR
Dis nou waarnatoe toergroepe en families kom so op 'n vakansie- of naweekuitstappie.
|
Die een kant van die hawe
Van hier af stap n mens by Ripley's Believe it on Not verby waar n groot klipbal op n bietjie water balanseer en n mens die wereld se langste man (2,75 meter) in afbeelding kan bewonder.
As mens nou net daar bly staan en dis vroeg in die oggend, so 10vm, kan jy vir "Santa"sien verby loop na "Santa's Little Hut" waar jy op Vader Kersfees se skoot kan gaan poseer vir n foto en as jy darem nou nie te stout was nie kan jy dalk net die Kersgeskenk van jou drome kry.
Soos enige een kan sien, teen einde November is die wereld (ag aarde, hoe sit n mens 'n kappie op), hier nat en koud. Aan die agterkant van Santa se hut is een van die klein winkelsentrums op die hawe sigbaar. As jy daarheen stap is daar nog een sentrum voor waar jy dalk vinnig kan ingaan om net n bietjie te ontvries. Cheesecake Factory is 'n baie oulike koffiewinkel vir net hierdie doel. Onthou net alles in Amerika is vir n Suid-Afrikaner maar peperduur. Kos in Suid-Afrika is wonderlik goedkoop in vergelyking met Amerikaanse pryse.
Stap verder aan en daar staan n kleiner replika van die World Trade Centre wat aan 9/11 herinner. Daar word n groot gebuigde stukkende metaalstut uit die oorspronklike gebou uitgestal. As jy nou boontoe gaan kan jy die museum gaan besigtig en ver uitkyk oor Baltimore.
Daar is nie minder as vyf museumskepe in die Inner Harbor waarop jy kan gaan rondstap. Daar is n outydse seilboot en n duikboot en alles tussenin. Dis tog jammer dat 'n mens nie met die kamera dieselfde beeld kan kry as wat jou oog sien nie. Met die oog verdwyn al die baie geboue in die agtergrond en net die takelwerk en boeg bly oor.
Stap jy verby die hoe monument kom jou op n area af waar busse kan parkeer en waar toergroep en skoolkinders uitpeul. Hier is daar tuineilandjies tussen die plaveisel van waaruit Tschaikovsky gehoor kan word. Gaan jy nader sien jy dis eintlik n poging om mense te motiveer om die moerasland te bewaar. Voor die 9/11 gebou is daar ook drywende graseilande wat afgesper is van die res van die hawe. Die eilandjies is van ou plastiek aanmekaar gesit en daar is gras opgeplant - ook n poging om die hawe te laat herlewe.
Nou le die akwarium en die kunsmuseum voor. Baie groepe is oppad na die akwarium daar naby die Chesapeake museumskip en die duikboot.
Skuins agter is n ou kragstasie wat omskep is in n reuse boekwinkel. Ek en my man, Pieter, kan ure in so 'n boekwinkel deurbring. Ek sou beslis kon oorwinter in so n Barnes en Noble. Net langs die boekwinkel is die Hard Rock kafee (dis nou waarom die groot kitaar bo-op is), maar ons was net n paar dae daar en kon ongelukkig nie alles verken nie. Ons het ons gehaas na die akwarium.
|
No comments:
Post a Comment