Monday 5 May 2014

'n Ongelooflike treinspoor en dan die sneeu

Van Blommeland na Ysland

Deel 2


Ons is by Flåm in die vallei by die beginpunt van die Flåm treinspoor.





Hierdie spoor van 20  kilometer het 20 jaar gevat om te voltooi en dit het net mooi 20 tonnels (in totaal 6 kilometer is tonnels waarvan 18 nog met die hand uitgedolwe moes word).  Die helling waarteen dit gebou moes word is weereens 1:18.  Die treinrit na Myrdal toe gee mens 'n uitkyk op van die mooiste dele van die Noorweegse berglandskap.  Riviere sny deur diep afgronde, watervalle huppel oor die kante van steil, sneeubedekte berge en dan is daar sowaar plase ook.  

In die sneeu by Myrdal 


'n Trein oppad na Flåm
Ons voel ons moet onsself knyp om te glo ons is regtig op hierdie trein.  Ons raak al hoe meer opgewonde, want daar is sneeu op die pieke en dit kom al nader. Ons klim uit by 'n pragtige waterval en dan ry ons tot by Myrdal en daar is sneeu, baie sneeu.  Dis ook ysig koud so ons gaan kruip in die treinhalte weg.  Daarbinne is dit amper te warm.  Ons koop tee en koffie en iemand is gaaf genoeg om ons saam af te neem.



Na 'n uur vertrek ons na Oslo met die NSB.  Hierdie is 'n langafstandstrein wat wonderlik gerieflik is.  'n Mens kry toegang tot gratis wifi en die sitplekke is ruim en sag. Vanuit die venster bewonder ons die sneeu.  Ons ry verby 'n ski-oord.  Die Noorweërs het 'n ongelooflike lang ski seisoen - Mei is Lente. Ons kom eers kwart voor elf in Oslo aan en is verstom om te sien dat dit nog 'n miernes van aktiwiteit is.  Almal beweeg vinnig.  As dit so by 0 of minder grade kom loop niemand meer stadig nie.  Ons vind die hotel maklik.

(Hierdie blogprogram is vanaand sommer vol streke.  Die foto's wil net inpas waar hulle wil en die teks wil nie links begin nie. Voor hier nou stukke verdwyn gee ek hiermee op op 'n meer logiesie volgorde).
















1 comment:

  1. Kyk die sneeu! En julle lyk so goed, so gesond en aan die gang :) Noorwee is goed vir julle!

    Ek gaan Mamma se blog so bietjie adverteer aan my kant, ek steel daai pragtige foto van Mamma om dit mee te doen :)

    ReplyDelete