Friday 9 May 2014

Tuis by Koning Olaf


TRONDHEIM

Na 'n lang treinrit van Oslo af kom ons weereens in die middel van die nag in Trondheim aan.  Trondheim was nog altyd vir my net 'n plek waar Dick Francis se speurder 'n skurk op die ou brug raak geloop het.  Nou ja, ons weet Dick Francis doen goeie navorsing vir sy speurverhale so die brug is daar, maar die brug waaroor ons die eerste nag loop is 'n nuwe een oor die rivier.  

Dit is nie baie donker nie, die son gaan nou eers so teen kwart oor tien onder en dan bly dit skemer, maar ysreën val om ons.  Gelukkig is die hotel regtig nie ver nie en binne is dit lekker warm en 'n baie vriendelike jong Noorwëer ontmoet ons binne.  Ons kan soveel koffie en tee drink as wat as wil en saans kan ons verniet vir onsself wafels bak en dan bruin Noorweegse kaas daarby eet.  Lekker!


Dis ons hotel in die middel, die Best Western Havely.

Ons wafels, vars en warm.


Ons het net 'n dag en die oggend begin weer met koue reënweer buite so ons besluit om doelgerig na een plek toe te gaan:  die Nikarosdom, gebou oor die graf van die heilige Olaf.  Olaf was 'n Vikingkoning wat Noorweë wou kersten en daarom is hy aangeval en is doodgekap.  Na 'n jaar is sy lyk gekry nog net soos dit was, 'n duidelike teken dat hy 'n heilige was.



Sy storie word vertel op hierdie bord wat voor die altaar in die katedraal gestaan het.  Dit het baie mooi beware gebly.  Regs bo wys hulle hoe hy na 'n jaar gelyk het met al sy wonde sigbaar.

Na sy dood het die christendom algemeen gevestigd geraak in Noorweë en vandaar dat daar vandag nog die pragtige katedraal daar staan.


















Naby die kerk is die aartsbiskop se kwartiere.  Dit was duidelik sommer 'n dorp op sy eie.  Allerhande handwerk het daar plaasgevind.  Daar was ook 'n munt wat vandag die oudse  bes bewaarde voorbeeld in Noorweë van so 'n instelling is.  Die geboue huisves nou 'n museum. Mens kan na die kroonjuwele van Noorweë daar gaan kyk en na al die oorblyfsels van die katedraal wat al 'n paar maal herbou moes word.


Die ou munt  ('n skaalmodel)


 

No comments:

Post a Comment