Saturday 3 May 2014

Ons gaan Noord - ver Noord 


Op 29 April 2014 vertrek ons landuit met hierdie imponerende vliegtuig, 'n Airbus A380.  Dis nodig dat dit groot en sterk moet wees, want hopelik sal dit nie maklik spoorloos verdwyn soos die vliegtuig wat uit Maleisië vertrek het nie.


Ons is oppad Noorweë toe.  Ons land in Heathrow en vertrek dan na Bergen aan die Weskus.  Dit is gedeeltelik bewolk en ons kan duidelik sien hoe die kuslyn meer aan souskluitjies as n soliede landmassa herinner.  In British Airways se tydskrif  is daar 'n artikel oor hoe daar op een van hierdie eilande net 'n honderd persone bly met net een motorkar.  'n Mens sou hier 'n leeftyd kon deurbring van eilande besoek en tussen eilande rondvaar. 

Hierdie is die kus wat beroemd is vir al die fjords en dis hierdie fjords wat ons so opgewonde het. Ons land in Bergen en ry met die bus na die middestad.  Die onherbergsame landskap word beklemtoon deur die talle kilometerlange tonnels waardeur ons ry. Bergen is die stad van die sewe berge.
.
Dis die maand van Mei, lente in Europa en Bergen stel nie teleur nie.  Die seestrome aan die Weskus sorg daarvoor dat dit hier warmer is as in die Ooste van die land.  Dis net blommetjies waar jy kyk.


 Hier staan Pieter by 'n bedding tulpe.
 Is hierdie kersiebome? Ons is nie seker nie.







Hier kan 'n mens van die berge sien.

No comments:

Post a Comment