Wednesday 7 May 2014

Oslo, hoofstad van Noorweë

Net 'n vinnige kykie

Ons kom eers kwart voor elf in Oslo aan en is verbaas oor al die aktiwiteit.  Gelukkig is die hotel naby.  

Die volgende dag het ons 'n paar uur voordat ons weer verder reis.  Ons het ander keer ons al vergaap aan die ongelooflike argitektuur van die Operahuis so ons besluit om weer soontoe te koers (sien heel onder).Dit is op die hawefront.  Allerhande nuwe ontwikkelinge is daar aan die gang en ons koers meer binneland toe.Ons kom op 'n lieflike kloosterkompleks by die Oslo Domkerk af. Die gebou is in gebruik vir hoofsaaklik restaurante en kafees.  Lewe beteken verandering.



In 'n stegie vind ons boheemse koffiekroeë en sak by een neer.  Dit is duidelik 'n tuiste vir musikante en ander laatnag sluipers, maar die toilet is skoon en die koffie lekker.













Dis steeds vreemd hoe net 'n inkoers in 'n steeg of ingaan in 'n gebou die omgewing heeltemal kan verander. Die Noorweërs is baie trots daarop dat hulle (soos ons) buitelugmense is, maar ons ontdek 'n lang gang af in 'n groot gebou wat die stasie en hotelle en parkeergeboue verbind.  Dis baie modern en daar is elke paar treë die oulikste sitplekke.  












Die brug oor na die parkade laat ons besef dat ons seker weer na die stasiegebou moet koers.  Kyk net die kontras tussen die ou klooster bo en hierdie spooroorgang en geboue.  Die uitsig is so modern dis skokkend.














Hier is baie blyke van kunssinnigheid en kunswaardering.  Die nuwe operagebou is vir my en Pieter fassinerend.  Hierdie is gebou is 'n uitnodiging om teen op te loop.



3 comments:

  1. Wow, alles lyk asemrowend en soos 'n sprokie. Dankie vir al die pragtige foto's en storietjies daarby. Ek geniet dit om jou blog elke dag te lees, skoonsus!

    ReplyDelete
  2. Dankie Linda, dis lekker om dit met ander te deel

    ReplyDelete
  3. Dit is omtrent wonderlik om al die posts te kan lees, Helen - baie dankie daarvoor!

    ReplyDelete